Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Psalm 45:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 God is u troon vir ewig en altyd.+

      Die septer van u koninkryk is ’n septer van geregtigheid.+

  • Jesaja 9:6, 7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  6 Want ’n kind is vir ons gebore,+

      ’n seun is aan ons gegee,

      en die heerskappy* sal op sy skouers wees.+

      Hy sal genoem word: Wonderlike Raadgewer,+ Magtige God,+ Ewige Vader, Prins van Vrede.*

       7 Sy heerskappy* sal bly uitbrei,

      en daar sal geen einde aan vrede wees nie.+

      Hy sal op die troon van Dawid+ sit en oor sy koninkryk regeer.

      Hy sal dit stewig vestig+ en versterk

      deur middel van geregtigheid+ en regverdigheid,+

      van nou af en tot in alle ewigheid.

      Die ywer van Jehovah van die leërmagte sal dit doen.

  • Daniël 2:44
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 44 “In die dae van daardie konings sal die God van die hemel ’n koninkryk oprig+ wat nooit vernietig sal word nie.+ En hierdie koninkryk sal nie aan ’n ander volk oorgedra word nie.+ Dit sal al daardie koninkryke vernietig en ’n einde aan hulle maak,+ en dit alleen sal vir ewig bestaan.+

  • Lukas 1:32, 33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 32 Hy sal groot wees+ en die Seun van die Allerhoogste genoem word,+ en Jehovah* God sal hom die troon van sy vader Dawid gee,+ 33 en hy sal vir ewig as Koning oor die huis van Jakob regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie.”+

  • Openbaring 11:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Die sewende engel het op sy trompet geblaas.+ En daar was harde stemme in die hemel wat sê: “Die koninkryk van die wêreld het die Koninkryk van ons Here+ en van sy Christus+ geword, en hy sal vir ewig en altyd as koning regeer.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel