25 Hy sal teen die Allerhoogste praat,+ en hy sal aanhou om die heiliges van die Allerhoogste te vervolg. Hy sal daarop uit wees om tye en wet te verander, en hulle sal vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd* in sy hand gegee word.+
27 “‘En die koninkryk en die heerskappy en die heerlikheid van al die koninkryke onder die hemel is gegee aan die volk wat die heiliges van die Allerhoogste is.+ Hulle koninkryk is ’n ewige koninkryk,+ en al die koninkryke sal hulle dien en gehoorsaam.’