-
Daniël 2:48, 49Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
48 Die koning het Daniël toe ’n belangrike man gemaak en vir hom baie, waardevolle geskenke gegee, en hy het hom die heerser oor die hele Babilon-provinsie+ en die hoofprefek oor al die wyse manne van Babilon gemaak. 49 En op Daniël se versoek het die koning Sadrag, Mesag en Abedneʹgo+ oor die administrasie van die Babilon-provinsie aangestel, maar Daniël het in die koning se paleis gedien.
-