-
Daniël 4:23-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 “‘En die koning het ’n wag, ’n heilige,+ uit die hemel sien neerdaal, wat gesê het: “Kap die boom af en vernietig dit, maar laat die stomp met sy wortels in die grond bly, tussen die gras van die veld, met ’n band van yster en van koper om die stomp. En laat dit deur die dou van die hemel natgemaak word, en laat sy deel saam met die diere van die veld wees, totdat sewe tye verbygegaan het.”+ 24 Dít is wat die droom beteken, o koning. Dít is wat die Allerhoogste besluit het met my heer die koning sal gebeur: 25 U sal van mense af weggejaag word en tussen die diere van die veld woon, en u sal gras eet soos ’n bees, en die dou van die hemel sal u natmaak,+ en dit sal sewe tye lank so wees.+ Daarna sal u weet dat die Allerhoogste die Heerser in die koninkryk van die mensdom is en dat hy dit gee aan wie hy ook al wil.+
26 “‘Maar die feit dat daar gesê is dat die stomp van die boom met sy wortels moet bly staan,+ beteken dat u koninkryk weer aan u sal behoort nadat u besef het dat die hemel regeer.
-