-
Deuteronomium 28:63, 64Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
63 “En net soos dit vir Jehovah eers ’n vreugde was om julle voorspoedig te maak en julle te laat vermeerder, so sal dit vir Jehovah ’n vreugde wees om julle te vernietig en uit te roei. En julle sal weggeruk word uit die land wat julle in besit sal neem.
64 “Jehovah sal julle onder al die nasies verstrooi, van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde,+ en daar sal julle gode van hout en van klip moet dien wat nie julle of julle voorvaders geken het nie.+
-
-
Josua 23:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Maar net soos al die goeie beloftes wat Jehovah julle God aan julle gemaak het, waar geword het,+ so sal Jehovah al die rampspoed wat hy belowe het,* oor julle bring, en hy sal julle vernietig uit hierdie goeie land wat Jehovah julle God aan julle gegee het+ 16 as julle die verbond verbreek wat Jehovah julle God julle beveel het om te gehoorsaam en as julle ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig. Dan sal Jehovah se woede teen julle opvlam,+ en julle sal gou verdwyn uit die goeie land wat hy aan julle gegee het.”+
-
-
1 Konings 9:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Maar as jy en jou seuns ophou om my te volg en nie my gebooie en my wetsbepalings gehoorsaam wat ek aan julle gegee het nie en as julle ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,+ 7 dan sal ek Israel verdryf uit die land wat ek aan hulle gegee het,+ en ek sal die huis verwerp+ wat ek vir my naam geheilig het, en Israel sal iets word waarop al die volke neersien* en waarmee hulle spot.+
-