-
Josua 7:24-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Josua en die hele Israel saam met hom het Agan,+ die seun van Serag, toe geneem, sowel as die silwer, die ampskleed, die goudstaaf,+ sy seuns, sy dogters, sy bul, sy donkie, sy kudde, sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hulle na die Agor-vallei+ gebring. 25 Josua het gesê: “Hoekom het jy rampspoed* oor ons gebring?+ Vandag gaan Jehovah rampspoed oor jou bring.” Toe het die hele Israel hom met klippe doodgegooi,+ en daarna het hulle hulle verbrand.+ So is hulle almal met klippe doodgegooi. 26 En hulle het hom bedek met ’n groot hoop klippe wat tot vandag toe nog daar is. Toe het Jehovah se brandende woede bedaar.+ Daarom word daardie plek tot vandag toe die Agor-vallei* genoem.
-