-
2 Kronieke 30:8, 9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Moenie hardkoppig wees soos julle voorvaders nie.+ Doen wat Jehovah wil hê en gaan na sy heiligdom+ wat hy vir ewig as heilig afgesonder het, en dien Jehovah julle God sodat sy woede teenoor julle kan bedaar.+ 9 As julle na Jehovah terugkeer, sal dié wat julle broers en julle seuns gevange geneem het, genade aan hulle betoon+ en hulle na hierdie land laat terugkeer.+ Want Jehovah julle God is vol medelye* en genade,+ en hy sal julle nie verwerp as julle na hom terugkeer nie.”+
-
-
Sefanja 2:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Voordat die bevel in werking tree,
voordat die dag soos kaf verbygaan,
voordat die brandende woede van Jehovah oor julle kom,+
voordat die dag van Jehovah se woede oor julle kom,
3 soek Jehovah,+ alle nederiges* van die aarde,
wat sy regverdige bevele* gehoorsaam.
Soek regverdigheid, soek nederigheid.*
Moontlik sal julle beskerming vind* op die dag van Jehovah se woede.+
-