-
Amos 2:6, 7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Dít is wat Jehovah sê:
‘Weens drie opstandige dade van Israel,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,
want hulle verkoop die regverdige vir silwer
en die arme vir ’n paar sandale.+
7 Hulle vertrap die hulpeloses in die stof van die aarde,+
en hulle versper die weg van die nederiges.+
’n Man en sy pa slaap by dieselfde meisie
en ontheilig my heilige naam.
-