-
Daniël 9:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 Die hele Israel het u Wet oortree, en hulle het afgedwaal omdat hulle nie na u stem geluister het nie. En u het die vloek en die eed oor ons laat kom wat neergeskryf is in die Wet van Moses, die kneg van die ware God,+ want ons het teen u gesondig. 12 U het vervul wat u vir ons en ons heersers gesê het,+ deur groot rampspoed oor ons te laat kom. Wat met Jerusalem gebeur het, is erger as enigiets wat nog ooit op die hele aarde gebeur het.+
-
-
Amos 4:12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Daarom sal ek jou weer straf, o Israel.
Omdat ek dit sal doen, o Israel,
moet jy jou gereedmaak om jou God te ontmoet.
-