Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 22:17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 sal ek jou beslis seën en jou nageslag* beslis vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sandkorrels op die strand.+ En jou nageslag* sal die stede* van sy vyande in besit neem.+

  • Psalm 105:8-11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  8 Hy onthou sy verbond vir ewig.+

      Hy dink tot in ’n duisend geslagte aan die belofte wat hy gemaak het,*+

       9 die verbond wat hy met Abraham gemaak het,+

      en die eed wat hy aan Isak gesweer het.+

      10 Hy het dit as ’n bevel vir Jakob vasgestel,

      en as ’n permanente verbond vir Israel,

      11 toe hy gesê het: “Ek sal vir jou die land Kanaän gee+

      as jou erfdeel.”+

  • Lukas 1:72, 73
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 72 Soos hy ons voorvaders belowe het, sal hy genade aan ons betoon en sy heilige verbond onthou.+ 73 Dit is die eed wat hy aan Abraham, ons voorvader, gesweer het.+

  • Handelinge 3:25, 26
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 25 Julle is die kinders van die profete en van die verbond wat God met julle voorvaders gemaak het+ toe hy vir Abraham gesê het: ‘En deur middel van jou nageslag* sal al die families van die aarde geseën word.’+ 26 Nadat God sy Kneg aangestel het, het hy hom eers na julle toe gestuur+ om julle te seën deur elkeen van julle te help om op te hou met julle goddelose dade.”

Afrikaanse publikasies (1975-2022)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel