-
Deuteronomium 28:49-51Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
49 “Jehovah sal ’n nasie van ver af teen julle bring,+ van die einde van die aarde af. Hulle sal vinnig aanval soos ’n arend,+ ’n nasie wie se taal julle nie sal verstaan nie,+ 50 ’n nasie met ’n wrede voorkoms, wat geen respek vir die oumense sal hê en geen genade aan die jongmense sal betoon nie.+ 51 Hulle sal die kleintjies van julle vee en die vrugte van julle grond eet totdat julle uitgeroei is. Hulle sal vir julle geen graan, nuwe wyn of olie, kalwers of lammers laat oorbly nie, totdat hulle julle vernietig het.+
-
-
Jeremia 5:15-17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 “Kyk, ek bring teen julle ’n nasie van ver af, o huis van Israel,”+ sê Jehovah.
“Dit is ’n gevestigde nasie.
Dit is ’n nasie wat al lank bestaan,
’n nasie wie se taal julle nie ken nie
en wie se spraak julle nie kan verstaan nie.+
16 Hulle pylkoker is soos ’n oop graf.
Hulle is almal vegters.
17 Hulle sal julle brood en julle oes verslind.+
Hulle sal julle seuns en julle dogters verslind.
Hulle sal julle kleinvee en julle beeste verslind.
Hulle sal julle wingerdstokke en julle vyebome verslind.
Hulle sal julle versterkte stede waarop julle vertrou, met die swaard vernietig.”
-
-
Jeremia 6:22, 23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Dít is wat Jehovah sê:
“Kyk! ’n Volk kom uit die land van die noorde,
en ’n groot nasie sal opstaan uit die mees afgeleë dele van die aarde.+
23 Hulle sal die boog en die spies gryp.
Hulle is wreed en sal geen genade hê nie.
Hulle stem sal klink soos die gedruis van die see,
en hulle ry op perde.+
Hulle trek in gevegsformasie op teen jou soos ’n soldaat, o dogter van Sion.”
-
-
Esegiël 23:22, 23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 “Daarom, Ohoʹliba, sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek bring die mans teen jou met wie jy ’n seksuele verhouding gehad het,+ dié van wie jy weggedraai het omdat hulle vir jou walglik was, en ek sal hulle van alle kante af teen jou bring,+ 23 die seuns van Babilon+ en al die Galdeërs,+ die manne van Pekod+ en Soa en Koa, saam met al die seuns van Assiʹrië. Hulle almal is begeerlike jong manne, goewerneurs en amptenare, vegters. Hulle almal is uitgesoekte* manne en ry op perde.
-