-
2 Kronieke 36:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Jehovah, die God van hulle voorvaders, het hulle keer op keer deur middel van sy boodskappers gewaarsku, want hy het jammer gevoel vir sy volk en sy tempel.* 16 Maar hulle het die boodskappers van die ware God bly spot,+ en hulle het sy woorde geïgnoreer+ en sy profete uitgelag,+ totdat Jehovah vir sy volk woedend geword het+ en daar geen hoop was dat hulle genees kon word nie.
-
-
Jeremia 11:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Want ek het julle voorvaders ernstig gewaarsku vanaf die dag toe ek hulle uit Egipte uitgelei het tot vandag toe deur herhaaldelik vir hulle te sê:* “Gehoorsaam my stem.”+ 8 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie. Elkeen van hulle was eerder hardkoppig en het sy eie slegte hart bly volg.+ Daarom het ek al die woorde van hierdie verbond oor hulle gebring wat ek hulle beveel het om te doen en wat hulle geweier het om te gehoorsaam.’”
-