-
Markus 2:3-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Hulle het ’n verlamde man na hom toe gebring wat deur vier mans gedra is.+ 4 Maar as gevolg van die skare kon hulle hom nie tot by Jesus bring nie, en daarom het hulle ’n opening in die dak bokant Jesus gemaak. Daarna het hulle die draagbed waarop die verlamde man gelê het, laat sak. 5 Toe Jesus hulle sterk geloof sien,+ het hy vir die verlamde man gesê: “Kind, jou sondes is vergewe.”+ 6 En party van die skrifgeleerdes het daar gesit en by hulleself gedink:*+ 7 “Hoekom praat hierdie man so? Hy laster. Niemand behalwe God kan sondes vergewe nie.”+ 8 Maar Jesus het onmiddellik besef dat hulle só onder mekaar redeneer, en daarom het hy vir hulle gesê: “Hoekom dink julle hierdie dinge?*+ 9 Wat is makliker? Om vir die verlamde man te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en tel jou bed op en loop’? 10 Maar om julle te laat besef dat die Seun van die mens+ gesag het om sondes op die aarde te vergewe . . . ”+ Hy het toe vir die verlamde man gesê: 11 “Ek sê vir jou: Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.” 12 Toe het hy opgestaan en onmiddellik sy draagbed opgetel en voor hulle almal uitgeloop. Hulle almal was verstom, en hulle het God geloof en gesê: “Ons het nog nooit so iets gesien nie.”+
-
-
Lukas 5:18-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 En mense het ’n verlamde man op ’n draagbed gedra, en hulle het probeer om hom in te bring en hom voor Jesus neer te sit.+ 19 Toe hulle as gevolg van die skare nie ’n manier kon vind om hom in te bring nie, het hulle op die dak geklim, en hulle het hom op die bed deur die teëldak laat sak, tot tussen die mense wat voor Jesus was. 20 Toe hy hulle sterk geloof sien, het hy gesê: “Vriend, jou sondes is vergewe.”+ 21 Toe het die skrifgeleerdes en die Fariseërs begin redeneer en gevra: “Wie is dit wat so laster? Wie kan sondes vergewe, behalwe God alleen?”+ 22 Maar omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het hy hulle geantwoord: “Hoekom dink julle hierdie dinge?* 23 Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? 24 Maar om julle te laat besef dat die Seun van die mens gesag op die aarde het om sondes te vergewe . . . ” Hy het toe vir die verlamde man gesê: “Ek sê vir jou: Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”+ 25 Toe het hy voor hulle opgestaan, die bed opgetel waarop hy gelê het en na sy huis toe gegaan terwyl hy God geloof het. 26 Almal was stom van verbasing, en hulle het God begin loof, en hulle is met ontsag vervul en het gesê: “Ons het vandag wonderlike dinge gesien!”
-