-
Markus 1:44, 45Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
44 “Moet vir niemand hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester, en offer die dinge vir jou reiniging, net soos Moses voorgeskryf het.+ Dit sal as ’n getuienis vir hulle dien.”+ 45 Maar nadat die man weggegaan het, het hy dit wyd en syd begin verkondig en die nuus oral versprei. Daarom kon Jesus nie meer openlik in ’n stad ingaan nie, en hy het buite op afgeleë plekke gebly. Tog het mense van oral na hom toe bly kom.+
-