-
Lukas 7:18-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Johannes se dissipels het hom al hierdie dinge vertel.+ 19 Toe het Johannes twee van sy dissipels geroep en hulle na die Here toe gestuur om te vra: “Is u die Een+ wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?” 20 Toe hulle by hom kom, het die mans gesê: “Johannes die Doper het ons na u toe gestuur om te vra: ‘Is u die Een wat sou kom, of moet ons iemand anders verwag?’” 21 In daardie uur het hy baie mense genees van siektes,+ ernstige kwale en bose geeste, en hy het baie blindes laat sien. 22 Hy het vir hulle gesê: “Gaan sê vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: Die blindes kan nou sien,+ die kreupeles loop, die melaatses word genees,* die dowes hoor,+ die dooies word opgewek en die armes word van die goeie nuus vertel.+ 23 Gelukkig is die een wat geen rede vind om te struikel as gevolg van my nie.”+
-