-
Markus 3:1-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Hy het weer in ’n sinagoge ingegaan, en daar was ’n man met ’n misvormde* hand.+ 2 En hulle het hom fyn dopgehou om te sien of hy die man op die Sabbat sou genees, sodat hulle hom kon beskuldig. 3 Hy het vir die man met die misvormde* hand gesê: “Staan op en kom na die middel toe.” 4 Daarna het hy vir hulle gevra: “Mag ’n mens op die Sabbat iets goeds of iets slegs doen, iemand se lewe* red of hom doodmaak?”+ Maar hulle het stilgebly. 5 Jesus het hulle kwaad aangekyk en was baie hartseer omdat hulle harte so ongevoelig was.+ Hy het vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” En hy het dit gedoen, en sy hand het gesond geword. 6 Toe het die Fariseërs uitgegaan en onmiddellik saam met Herodes se ondersteuners+ planne beraam om hom dood te maak.
-
-
Lukas 6:6-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
6 Op ’n ander sabbat+ het hy in die sinagoge ingegaan en die mense begin leer. En daar was ’n man met ’n misvormde* regterhand.+ 7 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Jesus toe fyn dopgehou om te sien of hy iemand op die Sabbat sou genees, want hulle wou iets vind waarvan hulle hom kon beskuldig. 8 Maar hy het geweet hoe hulle redeneer,+ en daarom het hy vir die man met die misvormde* hand gesê: “Staan op en gaan staan in die middel.” En hy het dit gedoen. 9 Toe het Jesus vir hulle gesê: “Ek vra julle: Mag ’n mens op die Sabbat iets goeds of iets slegs doen, iemand se lewe* red of hom doodmaak?”+ 10 Nadat hy na hulle almal gekyk het, het hy vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand het gesond geword. 11 Maar hulle het woedend geword, en hulle het onder mekaar begin bespreek wat hulle aan Jesus kon doen.
-