-
Markus 3:22-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: “Hy het Beëlʹsebub* in hom, en hy dryf die demone uit deur middel van die heerser van die demone.”+ 23 Nadat hy hulle na hom toe geroep het, het hy illustrasies gebruik en vir hulle gesê: “Hoe kan Satan Satan uitdryf? 24 As ’n koninkryk verdeeld raak, kan daardie koninkryk nie bly staan nie,+ 25 en as ’n huis verdeeld raak, sal daardie huis nie kan bly staan nie. 26 En as Satan teen homself opgestaan het en verdeeld geraak het, kan hy nie bly staan nie, maar kom hy tot ’n einde. 27 Om die waarheid te sê, niemand kan in die huis van ’n sterk man ingaan en sy besittings steel as hy nie die sterk man eers vooraf vasbind nie. Slegs dan kan hy alles in sy huis vat.
-
-
Lukas 11:15-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Maar sommige van hulle het gesê: “Hy dryf die demone uit deur Beëlʹsebub,* die heerser van die demone.”+ 16 En om hom te toets, wou ander ’n teken+ uit die hemel van hom hê. 17 Omdat hy geweet het wat hulle dink,+ het hy vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat verdeeld is, word verwoes, en ’n huis wat verdeeld is, val. 18 As Satan dan ook teen homself draai, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat ek die demone deur Beëlʹsebub uitdryf. 19 As ek die demone deur Beëlʹsebub uitdryf, deur wie dryf julle volgelinge hulle uit? Daarom sal hulle julle veroordeel. 20 Maar as ek die demone deur God se vinger+ uitdryf, het die Koninkryk van God julle werklik ingehaal.+ 21 Wanneer ’n sterk, goed gewapende man sy paleis bewaak, bly sy besittings veilig. 22 Maar wanneer iemand wat sterker is as hy, hom aanval en die oorhand oor hom kry, neem daardie man al sy wapens waarop hy vertrou het en verdeel hy die goed wat hy by hom gevat het. 23 Enigiemand wat nie aan my kant is nie, is teen my, en enigiemand wat nie mense saam met my bymekaarmaak nie, dryf hulle uitmekaar.+
-