-
Markus 4:3-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 “Luister! Die saaier het uitgegaan om te saai.+ 4 Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgeëet. 5 Ander saad het op ’n rotsagtige plek geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het onmiddellik opgeskiet omdat die grond nie diep was nie.+ 6 Maar toe die son opkom, is dit verskroei, en omdat dit nie wortels gehad het nie, het dit uitgedroog. 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings het opgekom en gekeer dat dit verder groei, en dit het geen vrug gedra nie.+ 8 Maar ander saad het op die goeie grond geval, en dit het gegroei en toegeneem en vrug begin dra: 30, 60 en 100 keer soveel.”+ 9 Toe het hy bygevoeg: “Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+
-
-
Lukas 8:4-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Nadat ’n groot skare bymekaargekom het by dié wat van stad tot stad saam met hom gegaan het, het hy vir hulle ’n illustrasie vertel:+ 5 “’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai. Terwyl hy gesaai het, het van die saad langs die pad geval en is dit vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.+ 6 Ander saad het op die rots geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit uitgedroog omdat dit nie genoeg water gehad het nie.+ 7 Nog ander saad het tussen die dorings geval, en die dorings wat saam met dit opgekom het, het gekeer dat dit verder groei.+ 8 Maar ander saad het op die goeie grond geval, en nadat dit uitgespruit het, het dit 100 keer soveel vrug gedra.”+ Nadat hy hierdie dinge gesê het, het hy uitgeroep: “Laat die een wat ore het om te luister, luister.”+
-