-
Markus 7:18-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 En hy het vir hulle gesê: “Is julle ook sonder begrip soos hulle? Besef julle nie dat niks wat van buite af in ’n mens ingaan, hom onrein kan maak nie? 19 Want dit gaan nie in sy hart in nie, maar in sy maag, en dan beland dit in die riool.” So het hy alle voedsel rein verklaar. 20 Verder het hy gesê: “Wat uit ’n mens uitkom, maak hom onrein.+ 21 Want van binne af, uit die hart van die mens,+ kom skadelike redenasies: seksuele onsedelikheid,* diefstal, moord, 22 egbreuk, gierigheid, goddelose dade, bedrog, skaamtelose gedrag,* jaloesie,* lastering, hoogmoed en onredelikheid. 23 Al hierdie goddelose dinge kom van binne af en maak ’n mens onrein.”
-