48 en vir hulle gesê: “Elkeen wat hierdie jong kind op grond van my naam ontvang, ontvang my ook, en elkeen wat my ontvang, ontvang ook die Een wat my gestuur het.+ Want wie hom as ’n mindere onder julle almal gedra, is die een wat groot is.”+
26 Maar julle moenie so wees nie.+ Laat die een wat die grootste onder julle is, soos die jongste word,+ en laat die een wat die leiding neem, soos die een word wat dien.
5 Net so moet julle, die jonger mans, onderdanig wees aan die ouer mans.*+ Maar julle almal moet nederig wees teenoor mekaar,* want God staan die hoogmoediges teë, maar hy gee onverdiende goedheid aan die nederiges.+