-
Markus 11:4-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Toe het hulle gegaan en die jong donkie gevind. Hy was by ’n deur vasgemaak, buite op die systraat, en hulle het hom losgemaak.+ 5 Maar party wat daar gestaan het, het vir hulle gevra: “Hoekom maak julle die donkie los?” 6 Hulle het vir hulle gesê presies wat Jesus gesê het, en hulle het hulle laat gaan.
-
-
Lukas 19:32-35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Toe het dié wat gestuur is, gegaan en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het.+ 33 Maar terwyl hulle die jong donkie losgemaak het, het sy eienaars vir hulle gevra: “Hoekom maak julle die donkie los?” 34 Hulle het gesê: “Die Here het hom nodig.” 35 En hulle het hom na Jesus toe gelei, en hulle het hulle bo-klere op die jong donkie gesit en Jesus op die donkie laat sit.+
-