-
Lukas 19:20-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Maar ’n ander een het gekom en gesê: ‘Heer, hier is u mina, wat ek in ’n doek weggesteek het. 21 U sien, ek was bang vir u, want u is ’n streng man. U neem wat u nie gedeponeer het nie en oes wat u nie gesaai het nie.’+ 22 Hy het vir hom gesê: ‘Uit jou eie mond oordeel ek jou, jou goddelose slaaf. Jy het mos geweet dat ek ’n streng man is wat neem wat ek nie gedeponeer het nie en oes wat ek nie gesaai het nie.+ 23 Hoekom het jy dan nie my geld* in ’n bank gesit nie? Dan sou ek dit met rente teruggekry het toe ek gekom het.’
-