-
Markus 14:32-36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Toe het hulle by ’n plek met die naam Getseʹmane gekom, en hy het vir sy dissipels gesê: “Sit hier terwyl ek gaan bid.”+ 33 Hy het Petrus en Jakobus en Johannes saam met hom geneem,+ en hy het baie angstig en erg ontsteld geword. 34 Hy het vir hulle gesê: “Ek* is verskriklik hartseer,+ ja, tot die dood toe. Bly hier en bly wakker.”+ 35 En hy het ’n entjie verder gegaan en op die grond neergeval en begin bid dat die uur by hom moet verbygaan as dit moontlik is. 36 Hy het gesê: “Abba,* Vader,+ alles is vir u moontlik. Neem hierdie beker van my af weg. Maar nie wat ek wil nie, maar wat u wil.”+
-