-
Johannes 6:10-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Jesus het gesê: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras, en hulle het gaan sit. Daar was omtrent 5 000 mans.+ 11 Jesus het die brood geneem, en nadat hy ’n dankgebed gedoen het, het hy dit uitgedeel aan dié wat daar gesit het. Hy het dieselfde met die vissies gedoen, en die mense kon soveel eet as wat hulle wou. 12 Toe hulle genoeg geëet het, het hy vir sy dissipels gesê: “Maak die oorskietstukke bymekaar sodat niks gemors word nie.” 13 Hulle het dit toe bymekaargemaak, en hulle het 12 mandjies vol gemaak met die oorskietstukke van die vyf brode wat die mense geëet het.
-