Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 14:24-33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Die boot was toe al honderde meters* van die land af en is deur die golwe rondgegooi, want die wind was teen hulle. 25 Maar in die vierde nagwaak* het hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26 Toe die dissipels hom op die see sien loop, was hulle geskok en het hulle gesê: “Dit is ’n verskyning!” En hulle het uitgeroep van vrees. 27 Maar Jesus het dadelik vir hulle gesê: “Bedaar! Dit is ek. Moenie bang wees nie.”+ 28 Petrus het hom geantwoord: “Here, as dit u is, beveel my om oor die water na u toe te kom.” 29 Hy het gesê: “Kom!” Toe het Petrus uit die boot geklim en oor die water geloop en na Jesus toe gegaan. 30 Maar toe hy na die windstorm kyk, het hy bang geword. En toe hy begin sink, het hy uitgeroep: “Here, red my!” 31 Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gevra: “Waar is jou geloof? Hoekom het jy begin twyfel?”+ 32 Nadat hulle in die boot geklim het, het die windstorm gaan lê. 33 Toe het dié in die boot aan hom eer bewys* en gesê: “U is werklik God se Seun.”

  • Johannes 6:16-21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Toe dit aand word, het sy dissipels na die see toe gegaan,+ 17 en hulle het in ’n boot geklim en oor die see na Kaperʹnaum weggevaar. Teen hierdie tyd was dit al donker, en Jesus het nog nie na hulle toe gekom nie.+ 18 En die see het onstuimig begin word omdat ’n sterk wind gewaai het.+ 19 Maar toe hulle omtrent vyf of ses kilometer* geroei het, het hulle gesien dat Jesus op die see loop en al hoe nader aan die boot kom, en hulle het baie bang geword. 20 Maar hy het vir hulle gesê: “Dit is ek. Moenie bang wees nie!”+ 21 Toe was hulle bereid om hom in die boot te laat klim, en net daarna het die boot by die land aangekom waarheen hulle op pad was.+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel