-
Lukas 4:31-37Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
31 Toe het hy na Kaperʹnaum gegaan, ’n stad van Galileʹa. Hy het die mense op die Sabbat geleer,+ 32 en hulle was verstom oor die manier waarop hy geleer het,+ want hy het met gesag gepraat. 33 In die sinagoge was daar ’n man met ’n gees, ’n onrein demoon, en hy het met ’n harde stem geskree:+ 34 “Ha! Wat het ons met jou te doen, Jesus die Nasarener?+ Het jy gekom om ons te vernietig? Ek weet presies wie jy is: die Heilige van God.”+ 35 Maar Jesus het streng met hom gepraat en gesê: “Bly stil, en kom uit hom uit.” Nadat die demoon die man tussen hulle neergegooi het, het hy uit hom uitgekom sonder om hom seer te maak. 36 Toe hulle dit sien, was hulle almal verbaas en het hulle vir mekaar begin sê: “Luister net na sy woorde, want hy beveel die onrein geeste met gesag en mag, en hulle kom uit!” 37 En die nuus oor hom het na elke uithoek van die omliggende gebied bly versprei.
-