-
Matteus 20:29-34Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 Terwyl hulle uit Jeʹrigo uitgegaan het, het ’n groot skare hom gevolg. 30 En twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbygaan en het uitgeroep: “Here, betoon genade aan ons, Seun van Dawid!”+ 31 Die skare het hulle streng beveel om stil te bly, maar hulle het al hoe harder uitgeroep: “Here, betoon genade aan ons, Seun van Dawid!” 32 Toe het Jesus stilgestaan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet ek vir julle doen?” 33 Hulle het vir hom gesê: “Here, laat ons asseblief sien.” 34 Jesus het baie jammer vir hulle gevoel. Hy het aan hulle oë geraak,+ en onmiddellik kon hulle weer sien, en hulle het hom gevolg.
-
-
Lukas 18:35-43Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 En toe Jesus naby Jeʹrigo kom, het ’n blinde man langs die pad gesit en bedel.+ 36 Omdat hy gehoor het dat ’n skare daar verbygaan, het hy begin vra wat aan die gang is. 37 Hulle het vir hom gesê: “Jesus die Nasarener gaan verby!” 38 Toe het hy uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 39 En die mense wat voor geloop het, het hom streng beveel om stil te bly, maar hy het al hoe meer uitgeroep: “Seun van Dawid, betoon genade aan my!” 40 Toe het Jesus stilgestaan en beveel dat die man na hom toe gebring moet word. Nadat hy nader gekom het, het Jesus vir hom gevra: 41 “Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?” Hy het gesê: “Here, laat my weer sien.” 42 Toe het Jesus vir hom gesê: “Jy kan weer sien. Jou geloof het jou gesond gemaak.”+ 43 En onmiddellik kon hy weer sien, en hy het hom begin volg+ terwyl hy God geloof het. Toe al die mense dit sien, het hulle God ook geloof.+
-