-
Matteus 24:15-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 “Wanneer julle dan die walglike ding wat verwoesting veroorsaak, waarvan die profeet Daniël gepraat het, in ’n heilige plek sien staan+ (hier het die leser insig nodig), 16 moet die mense wat in Judeʹa is, na die berge begin vlug.+ 17 Laat die man wat op die dak is, nie afkom om die goed uit sy huis te gaan haal nie, 18 en laat die man wat op die landery is, nie teruggaan om sy bo-kleed te gaan haal nie. 19 Dit sal ’n verskriklike tyd wees vir die swanger vrouens en vir dié wat in daardie dae ’n baba borsvoed! 20 Hou aan bid dat julle nie in die winter of op die Sabbatdag moet vlug nie,
-
-
Lukas 21:20-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 “Maar wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërmagte omsingel is,+ moet julle weet dat haar verwoesting naby gekom het.+ 21 Laat die mense wat in Judeʹa is, dan na die berge begin vlug,+ en laat dié wat in die stad is, uitgaan, en laat dié wat in die platteland is, nie daar ingaan nie, 22 want in daardie dae sal daar regverdig geoordeel en gestraf word,* sodat alles wat geskryf staan, vervul kan word. 23 Dit sal ’n verskriklike tyd wees vir die swanger vrouens en vir dié wat in daardie dae ’n baba borsvoed!+ Want die mense in die land sal baie ly, en hierdie volk sal swaar gestraf word.
-