-
Matteus 26:42-46Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
42 Hy het weer, ’n tweede keer, weggegaan en gebid: “My Vader, as dit nie moontlik is dat dit verbygaan sonder dat ek dit drink nie, laat u wil plaasvind.”*+ 43 En hy het teruggekom en gesien dat hulle slaap, want hulle kon nie hulle oë oophou nie. 44 Toe het hy hulle gelos en weer weggegaan en ’n derde keer gebid en dieselfde woorde gesê. 45 Hy het teruggegaan na die dissipels en vir hulle gesê: “Op ’n tyd soos hierdie slaap julle en rus julle! Die tyd het gekom vir die Seun van die mens om verraai te word en aan sondaars oorgelewer te word. 46 Staan op, laat ons gaan. Kyk! My verraaier is naby.”
-