-
Johannes 1:32-34Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Johannes het ook getuig en gesê: “Ek het die gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en dit het op hom gebly.+ 33 Selfs ek het hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om in water te doop, het vir my gesê: ‘Die een op wie jy die gees sien neerdaal en op wie dit bly,+ dit is hy wat in heilige gees doop.’+ 34 Ek het dit gesien, en ek het getuig dat hy die Seun van God is.”+
-