-
Matteus 3:7-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Toe hy sien dat baie van die Fariseërs en Sadduseërs+ na die doop toe kom, het hy vir hulle gesê: “Julle spul giftige slange,*+ wie het julle gewaarsku om vir die komende woede te vlug?+ 8 Bring dan vrugte voort wat by berou pas. 9 Moenie dink dat julle vir julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as ons vader’ nie.+ Want ek sê vir julle dat God vir Abraham kinders uit hierdie klippe kan voortbring. 10 Die byl lê reeds by die wortel van die boom. Elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, gaan afgekap en in die vuur gegooi word.+
-