-
Matteus 9:32-34Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Toe hulle weggegaan het, het mense ’n man na hom toe gebring wat stom was en wat ’n demoon in hom gehad het,+ 33 en nadat die demoon uitgedryf is, het die man wat stom was, gepraat.+ Die skare was verbaas en het gesê: “So iets is nog nooit in Israel gesien nie.”+ 34 Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is deur die heerser van die demone dat hy die demone uitdryf.”+
-