-
1 Konings 10:4-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Toe die koningin van Skeba sien hoe wys Salomo is+ en toe sy die huis sien wat hy gebou het,+ 5 sowel as die kos van sy tafel,+ hoe sy knegte aan tafel gesit het, die bediening en kleredrag van sy tafelbediendes, sy skinkers en die brandoffers wat hy gereeld by die huis van Jehovah geoffer het, het dit haar asem weggeslaan.* 6 Sy het toe vir die koning gesê: “Die berig wat ek in my land oor u prestasies* en oor u wysheid gehoor het, is waar. 7 Maar ek het nie die berigte geglo totdat ek gekom het en alles met my eie oë gesien het nie. En hulle het my nie eers die helfte vertel nie! U wysheid en voorspoed het die berig wat ek gehoor het, ver oortref.
-