21 Toe het Petrus gekom en vir hom gevra: “Here, hoeveel keer kan my broer teen my sondig en moet ek hom vergewe? Tot sewe keer?” 22 Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou: nie tot sewe keer nie, maar tot 77 keer.+
13 Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe,+ selfs al het iemand ’n rede om oor iemand anders te kla.+ Net soos Jehovah* julle vryelik vergewe het, so moet julle ook vergewe.+