21 Jesus het vir hom gesê: “As jy volmaak* wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê.+ En kom word my volgeling.”+
21 Jesus het na hom gekyk en liefde vir hom gevoel en gesê: “Daar is nog een ding wat jy moet doen: Gaan verkoop wat jy het en gee die geld vir die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê. En kom word my volgeling.”+
33 Verkoop julle besittings en gee geskenke aan die armes.*+ Maak vir julle geldsakke wat nie stukkend raak nie, dit wil sê ’n skat in die hemel wat nooit opraak nie,+ waar geen dief naby kom nie en waar geen mot verteer nie.
18 Sê vir hulle om goed te doen, om ryk te wees in goeie werke, om vrygewig te wees, bereid om te deel.+19 So sal hulle vir hulleself ’n skat bewaar – ’n goeie fondament vir die toekoms,+ sodat hulle ’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry.+