-
Matteus 26:47-50Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
47 Terwyl hy nog gepraat het, het Judas, een van die Twaalf, daar aangekom. Daar was ’n groot skare by hom wat swaarde en knuppels by hulle gehad het en wat deur die hoofpriesters en die ouermanne van die volk gestuur is.+
48 Sy verraaier het met hulle afgespreek om vir hulle ’n teken te gee. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Neem hom in hegtenis.” 49 En hy het reguit na Jesus toe gegaan en gesê: “Goeiedag, Rabbi!” en hy het hom gesoen. 50 Maar Jesus het vir hom gevra: “Vriend, hoekom is jy hier?”+ Toe het hulle nader gekom en Jesus gegryp en hom in hegtenis geneem.
-
-
Markus 14:43-46Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
43 En onmiddellik, terwyl hy nog gepraat het, het Judas, een van die Twaalf, daar aangekom. Daar was ’n skare by hom wat swaarde en knuppels by hulle gehad het en wat deur die hoofpriesters en die skrifgeleerdes en die ouermanne gestuur is.+ 44 Sy verraaier het met hulle afgespreek om vir hulle ’n teken te gee. Hy het gesê: “Die een wat ek soen, dit is hy. Neem hom in hegtenis en lei hom weg en maak seker dat hy nie wegkom nie.” 45 Hy het reguit na Jesus toe gekom en gesê: “Rabbi!” en hom gesoen. 46 Toe het hulle hom gegryp en hom in hegtenis geneem.
-