-
Handelinge 26:17, 18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 En ek sal jou red van hierdie volk en van die nasies, na wie ek jou stuur,+ 18 om hulle oë te open,+ om hulle uit die duisternis+ na die lig+ en van die gesag van Satan+ na God te lei, sodat hulle sondes vergewe kan word+ en hulle ’n erfenis kan ontvang onder dié wat deur hulle geloof in my geheilig is.’
-
-
2 Korintiërs 4:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 As die goeie nuus wat ons bekend maak, dan nou in werklikheid met ’n sluier bedek is, is dit bedek onder dié wat vernietig gaan word, 4 die ongelowiges. Die god van hierdie wêreld*+ het die verstande van die ongelowiges verblind+ sodat hulle nie die lig kan sien+ van die glorieryke goeie nuus oor die Christus, wat die beeld van God is nie.+
-