11 En tog is dit wat party van julle was. Maar julle is skoon gewas,+ julle is geheilig,+ julle is regverdig verklaar+ in die naam van die Here Jesus Christus en met die gees van ons God.
25 Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê,+ net soos die Christus ook die gemeente liefgehad het en homself daarvoor opgeoffer het,+26 sodat hy dit kon heilig en reinig deur dit in die water van die woord te bad,+
5 het hy ons gered, nie as gevolg van enige regverdige dade wat ons gedoen het nie,+ maar as gevolg van sy eie genade.+ Hy het ons gered deur middel van die bad wat ons lewend gemaak het+ en deur ons nuut te maak met heilige gees.+
22 Laat ons dus met opregte harte en rotsvaste geloof nader kom, aangesien ons harte deur besprinkeling gereinig is van ’n goddelose gewete+ en ons liggame met skoon water gewas is.+