11 Jesus het toe voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het vir hom gevra: “Is jy die Koning van die Jode?” Jesus het geantwoord: “U het dit self gesê.”+
31 Kyk! Jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun,+ en jy moet hom Jesus noem.+32 Hy sal groot wees+ en die Seun van die Allerhoogste genoem word,+ en Jehovah* God sal hom die troon van sy vader Dawid gee,+
13 Toe het hulle takke van palmbome gevat en uitgegaan om hom te ontmoet, en hulle het begin uitroep: “Red hom, asseblief! Geseënd is die een wat in Jehovah* se naam kom,+ die Koning van Israel!”+