19 Maar wanneer hulle julle oorlewer, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê of hoe julle dit moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie tyd aan julle gegee word,+20 want dit is nie net julle wat praat nie, maar dit is die gees van julle Vader wat deur julle praat.+
13 Maar wanneer hy,* die gees van die waarheid,+ kom, sal hy julle in die hele waarheid inlei, want hy sal nie uit sy eie praat nie, maar wat hy hoor, sal hy sê, en hy sal aan julle bekend maak wat nog moet gebeur.+
12 En ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die gees wat van God kom,+ sodat ons die dinge kan verstaan wat God uit sy goedheid aan ons gegee het.
27 En wat julle betref, die salwing wat julle van hom ontvang het,+ bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie, maar die salwing wat van hom kom, leer julle oor alles+ en is waar en is nie ’n leuen nie. Net soos dit julle geleer het, moet julle in eenheid met hom bly.+