14 “Bring die persoon wat die vloek uitgespreek het, uit tot buite die kamp, en almal wat hom gehoor het, moet hulle hande op sy kop lê, en dan moet die hele gemeenskap van Israel hom met klippe doodgooi.+
16 Die persoon wat Jehovah se naam gelaster het, moet dus vir seker doodgemaak word.+ Die hele gemeenskap van Israel moet hom beslis met klippe doodgooi. Die uitlander wat onder julle woon sowel as die gebore Israeliet moet doodgemaak word as hy die Naam laster.
37 “Jerusalem, Jerusalem, wat die profete doodmaak en die mense wat na haar gestuur is, met klippe doodgooi+ – hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak! Maar julle wou my nie toelaat nie.+
2 Die mense sal julle uit die sinagoge ban.+ Om die waarheid te sê, die uur kom wanneer elkeen wat julle doodmaak,+ sal dink dat hy ’n heilige diens aan God verrig.