31 En nadat hulle ’n smeekgebed gedoen het, is die plek waar hulle bymekaargekom het, geskud, en hulle is almal met die heilige gees gevul+ en het die woord van God moedig verkondig.+
14 Toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samariʹa die woord van God aanvaar het,+ het hulle Petrus en Johannes na hulle toe gestuur. 15 En hulle het daarheen gegaan en vir hulle gebid sodat hulle heilige gees kan ontvang.+