-
Handelinge 17:4, 5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 As gevolg hiervan het party van hulle gelowiges geword en by Paulus en Silas+ aangesluit, asook ’n groot aantal Grieke wat God aanbid het en baie van die belangrike vrouens.
5 Maar die Jode het jaloers geword+ en het ’n klomp slegte manne bymekaargemaak wat op die markplein rondgehang het. Hulle het ’n groot groep gevorm en ’n oproer in die stad veroorsaak. Hulle het die huis van Jason aangeval omdat hulle wou hê dat Paulus en Silas na die groep toe uitgebring moes word.
-