-
1 Timoteus 3:1-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Hierdie woorde is betroubaar: As ’n man ’n opsiener+ wil wees, begeer hy ’n goeie werk. 2 Daarom moet ’n opsiener hom so gedra dat mense geen rede het om hom te kritiseer nie. Hy moet die man van een vrou wees, matig in gewoontes, verstandig,*+ ordelik, gasvry,+ iemand wat kan onderrig,+ 3 nie ’n dronkaard nie,+ nie gewelddadig* nie, maar redelik,+ nie iemand wat daarvan hou om te stry nie,+ nie iemand wat lief is vir geld nie,+ 4 ’n man wat goeie leiding aan sy eie huisgesin gee,* wie se kinders onderdanig is en hulle goed gedra.*+ 5 (Want as ’n man nie weet hoe om aan sy eie huisgesin leiding te gee* nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg?) 6 Hy moenie ’n pasbekeerde wees nie,+ sodat hy nie dalk opgeblase van trots word en dieselfde oordeel ontvang wat oor die Duiwel uitgespreek is nie. 7 Hy moet ook ’n goeie reputasie* hê onder mense buite die gemeente,+ sodat hy nie in die skande kom en in ’n strik van die Duiwel beland nie.
-
-
Titus 1:5-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Ek het jou in Kreta agtergelaat om sekere dinge* reg te stel en om in een stad ná die ander ouermanne aan te stel volgens die instruksies wat ek jou gegee het: 6 ’n Ouerman moet vry van beskuldiging wees, die man van een vrou, die pa van gelowige kinders wat nie van wilde* of opstandige gedrag aangekla word nie.+ 7 Want as God se bestuurder moet ’n opsiener vry van beskuldiging wees. Hy moenie hardkoppig wees,+ gou kwaad word+ of ’n dronkaard wees nie. Hy moenie gewelddadig* wees of gierig op soek wees na oneerlike wins nie. 8 Hy moet eerder gasvry wees,+ die goeie liefhê, en hy moet verstandig,*+ regverdig en lojaal+ wees. Hy moet selfbeheersing hê+ 9 en in sy onderrigting* stewig aan die betroubare woord* vashou,+ sodat hy mense deur die gesonde* lering kan opbou*+ en dié wat daarteen praat, kan teregwys.+
-