10Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Gaan na Farao toe, want ek het toegelaat dat hy en sy knegte hardkoppig word,+ sodat ek hierdie tekens van my reg voor hom kan doen.+
4 Ek sal toelaat dat Farao hardkoppig word,*+ en hy sal hulle agternasit, en ek sal my deur middel van Farao en sy hele leërmag verheerlik,+ en die Egiptenare sal beslis weet dat ek Jehovah is.”+ Dit is wat hulle toe gedoen het.