-
Efesiërs 1:9-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Hy het dit gedoen deur die heilige geheim+ van sy wil aan ons bekend te maak. Hy het besluit en dit goedgevind 10 om ’n administrasie te hê* wanneer die vasgestelde tye voltooi is, om alles bymekaar te bring in die Christus, die dinge in die hemel en die dinge op die aarde.+ Ja, in hom 11 met wie ons in eenheid is en ook as erfgename aangestel is.+ Hy het ons vooraf gekies volgens die besluit van die een wat alle dinge volgens sy wil laat plaasvind. 12 So sou God geloof en geëer word as gevolg van ons, dié wat eerste op die Christus gehoop het.
-
-
Kolossense 1:26, 27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
26 Dit sluit die heilige geheim+ in wat gedurende die vroeëre tydperke*+ en geslagte geheim gehou is. Maar nou is dit aan sy heiliges geopenbaar.+ 27 God het die glorieryke rykdom van hierdie heilige geheim+ onder die nasies bekend gemaak. Hierdie geheim is Christus in eenheid met julle, wat die hoop het om saam met hom verheerlik te word.+
-