-
Genesis 24:2, 3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Abraham het vir sy kneg, die oudste van sy huishouding, wat toesig gehou het oor alles wat hy gehad het,+ gesê: “Sit asseblief jou hand onder my bobeen, 3 en sweer by Jehovah, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy nie vir my seun ’n vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete, wat om my woon nie.+
-
-
Nehemia 13:25, 26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 Daarom het ek hulle tereggewys en ’n vloek oor hulle uitgespreek en party van die manne geslaan+ en hulle hare uitgetrek en hulle by God laat sweer: “Julle mag nie julle dogters aan hulle seuns gee nie, en julle mag nie een van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself aanvaar nie.+ 26 Was dit nie weens hulle dat koning Salomo van Israel gesondig het nie? Daar was geen koning soos hy onder die baie nasies nie,+ en sy God was lief vir hom,+ en daarom het God hom koning oor die hele Israel gemaak. Maar die uitlandse vrouens het selfs hom laat sondig.+
-