-
2 Korintiërs 11:8-10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Ek het ander gemeentes benadeel* deur dinge te aanvaar om my te onderhou sodat ek julle kon dien.+ 9 En tog, toe ek by julle was en ’n tekort gehad het, het ek vir niemand ’n las geword nie, want die broers wat van Masedoʹnië gekom het, het my selfs meer gegee as wat ek nodig gehad het.+ Ja, in elke opsig het ek seker gemaak dat ek nie ’n las vir julle word nie, en ek sal aanhou om dit te doen.+ 10 So seker as wat die waarheid van Christus in my is, ek sal nie ophou om in die gebiede van Agaʹje te spog nie.+
-