33 Toe het hy vir hom gesê: “Here, ek is gereed om saam met u in die gevangenis in te gaan en selfs om saam met u te sterf.”+34 Maar hy het gesê: “Ek sê vir jou, Petrus, voordat ’n haan vandag kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+
6Broers, selfs al begin iemand ’n verkeerde rigting inslaan voordat hy daarvan bewus is, moet julle wat geestelik volwasse is,* so iemand op ’n sagmoedige manier+ probeer reghelp. Maar wees versigtig+ dat julle nie ook in die versoeking kom nie.+