-
Romeine 16:25, 26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
25 God kan julle standvastig maak volgens die goeie nuus wat ek bekend maak en volgens die boodskap oor Jesus Christus. Hierdie goeie nuus hou verband met die heilige geheim+ wat God geopenbaar het. Dit was vir ’n lang tyd geheim gehou, 26 maar nou is dit geopenbaar. Dit is deur middel van die profetiese Geskrifte onder al die nasies bekend gemaak volgens die bevel van die ewige God, sodat mense deur geloof gehoorsaam kan wees.
-
-
Efesiërs 3:8, 9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Hierdie onverdiende goedheid is aan my gegee,+ iemand wat die onbelangrikste van al die heiliges is,+ sodat ek die goeie nuus oor die onmeetbare rykdom van die Christus aan die nasies bekend sou maak. 9 Dit is ook aan my gegee sodat ek almal kon laat sien hoe die openbaring van die heilige geheim+ beheer word, wat deur die eeue heen geheim gehou is deur God, wat alles geskep het.
-